![]()
![]()
|
MICHELLE CLARKE
Phone: + 64 9 478
6288 |
KOM KLIM AF EN BEGIN TOER !! - Dis so maklik wat dit is!! Ons tref al die reëlings tussenin en neem al die sorge uit jou "kom kyk" toer na New Zealand. Kom geniet dit net en los die res aan ons oor!
|
|
WERK IN NEW ZEALAND
|
|||||||||||||||||||||
|
OP HIERDIE BLAD
|
|||||||||||||||||||||
|
ASSEBLIEF - MOENIE NET HIER KOM AFKLIM NIE!!
Ek weet nie hoeveel kere ek dit moet beklemtoon nie, maar ek sê weer:
MOET ASSEBLIEF NIE NET 'N VLIEGKAARTJIE IN SA KOOP EN HIER KOM AFKLIM
NIE!!
Dit kan die slegste besluit van jou lewe wees. Doen jou huiswerk
BEHOORLIK! Jy kan jou hele toekoms opmors deur dit nie te doen nie. Wag
eerder 'n bietjie langer en spandeer 'n paar Rand op 'n LSD-toer
en doen jou navorsing
behoorlik voordat jy kom.
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
PAPIER IS KONING!
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
KWALIFIKASIES
Daarby moet jy vir 'n magdom beroepe by beroepsliggame registreer voordat jy kan aansoek doen om permanente verblyf en werk. KLIEK HIER om vas te stel WIE moet registreer en WAAR en kyk ook sommer na die lys van Erkende Kwalifikasies (Recognised Qualifications) wat deur NZ Immigrasie aanvaar word. Besoek die webwerwe om presies die vereistes vas te stel waaraan jy moet voldoen. Baie van hierdie registrasie prosedures is tydsaam en uitgerek en moet liefs afgehandel word voordat jy dit oorweeg om na NZ te kom.
Baie SAners maak die fout om te dink hulle is so uniek dat NZ sal dink hulle is 'n Godsgawe wat by hulle aan wal gestap het, net om baie wreed ontnugter te word! Moenie die fout maak om te dink daar is nie opgeleide mense in NZ nie. Oor die algemeen werk die Kiwi's hard en het 'n hoë vlak van opvoeding en in sommige gevalle is daar selfs 'n ooraanbod van goed gekwalifiseerde mense. Dit is nie ongewoon om mense met hoë kwalifikasies te sien pos aflewer of in parke werk nie. 'n Werk wat ons in SA miskien as 'n minderwaardige werk sien vereis soms 'n naskoolse kwalifikasie hier.
Tekorte in NZ beteken nie noodwendig dat 'n mens gaan werk kry nie. Daar is altyd 'n tekort aan onderwysers, en tog sukkel SA onderwysers soms vir maande om poste te kry. 'n Gebied waar daar chronies tekorte is en waarin hulle verseker nie genoeg mense kan kry nie is sekere groepe in die gesondheidsdienste soos verpleegsters en radioloë en ingenieurs soos padingenieurs.
VERVALSING VAN KWALIFIKASIES: SAners is vir baie dinge bekend (meestal goeie dinge), maar ons het ook nou bekend geraak daarvoor dat ons kwalifikasies vervals. Dit het geweldige implikasies vir alle voornemende immigrante. SAners wat na NZ wil immigreer kan verseker wees dat hulle kwalifikasies van nouaf onder 'n vergrootglas gaan deurloop en as jy nou alle hoop op immigrasie oorboord wil gooi moet jy sulke dinge doen. 'n Paar vrot appels het nou weer alles vir die ander bederf!! |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
WERK IN NEW ZEALAND
Jy gaan jou NIE ryk werk hier nie, maar jy sal genoeg verdien om aan die lewe te kan bly. 'n Groot probleem in NZ is die klein verskil in die uurlikse loon tussen half-geskoolde arbeid en goed gekwalifiseerde mense. In Auckland kan 'n gewone arbeider gemiddeld tussen NZ $12.50c (minimum wage) en NZ $15 per uur verdien terwyl 'n gegradueerde verpleegster met nagraadse kwalifikasies en 15-20 jaar ervaring maar NZ $27 - NZ $33 per uur verdien. NZ is bekend vir sy "Low wage economy" en salarisse is oor die algemeen laag.
Verder is die woord "bonus" vir hulle maar net iets wat in 'n woordeboek staan en maak hulle nie veel daarvan uit nie en van 'n 13de tjek het hulle nog NOOIT van gehoor nie. Die woord "salarisverhoging" het omtrent die status van 'n vloekwoord en word nie sommer in goeie geselskap gebruik nie, veral nie in jou baas se teenwoordigheid nie!
Gemiddelde salarisverhogings (met baie moeite) beloop so in die omgewing van 1% tot 3% per jaar. In alle regverdigheid moet ek darem byvoeg dat inflasie baie laag is (tussen 1 en 3% per jaar) en dat groot salarisverhogings nie nodig is nie.
Bevorderingsgeleenthede is skaars en daar moet gewoonlik iemand bedank, aftree of dood gaan voordat 'n bevorderingsgeleentheid ontstaan (amper soos in die ou SA Staatsdiens!). 80% van die bevolking verdien minder as NZ $99 000 pj. en die gemiddelde Bruto (voor belasting) inkomste van 'n Kiwi-gesin is in die omgewing van NZ$78 000 jaar.(Bron: Statistics New Zealand)
NB: "SKILLS SHORTAGE LISTS" Die feit dat jou beroep op een van die "Skills Shortage Lists" is is GEEN waarborg dat jy gaan werk kry nie. Op hulle beste is die "Skills Shortage Lists" minstens 6 maande agter by die arbeidsmark se werklike behoefte en hou glad nie tred met wat werklik aangaan nie. Moet jou ASSEBLIEF nie verlaat op die "Skills Shortage Lists" nie!! Ek wens hulle wil dit eerder die "Imagined Skills Shortage Lists" noem, want baie immigrante kom hier aan en vind dat die "Skills" wat so in tekort is glad nie vir hulle werk kan kry nie..
Beloftes word nie altyd nagekom nie - Wees ook bedag daarop dat die Kiwi's maklik beloftes maak en nie altyd so flink is om dit na te kom nie. Dis amper 'n algemene ding dat daar beloftes aan werksoekers (veral die wat dit telefonies uit SA doen) gemaak word om hulle hier te kry en as hulle hier kom dan hoor jy nie weer van daai beloftes nie. As jy NIE 'n belofte op papier kry nie is hy NIE gemaak NIE!
Algemene beloftes wat jy maklik (en baie) sal hoor is beloftes oor behuising en vervoer en die beloftes is BAIE vêr verwyder van dit wat JY dink dit is. 'n Belofte om jou met behuising te help beteken baie keer op sy heel beste maar net om jou aan 'n eiendomsagent voor te stel wat 'n huis aan jou wil verhuur en om jou met vervoer te help beteken maar net om vir jou 'n plek op die "schuttle" bussie van die lughawe af te bespreek en om jou die volgende môre aan sy pêl voor te stel wie tweedehandse karre verkoop!!
Dis skrikwekkend hoeveel e-mails ek kry oor beloftes wat aan immigrante gemaak is tydens werksonderhoude wat nooit nagekom word nie. Dis 'n swart kol op die naam van Kiwi-werkgewers. ONTHOU as dit nie op papier is nie HET jy dit NIE!
SALARISSE IS 'N GEHEIM! 'n Baie eienaardige ding wat jy sal waarneem by werkadvertensies is dat jy SELDE 'n aanduiding van die salaris of salarisskaal sal kry. Dit is sodat hulle die absolute minimum met jou kan beding sonder om hulle vas te maak. Jy sal baie vind dat daar saam met jou ander mense werk met presies dieselfde kwalifikasies en ervaring wat meer as jy verdien, net omdat hulle gelukkig was om 'n höer salaris te beding. Immigrante is gewoonlik so ywerig en verleë om 'n werk te kry dat hulle omtrent enige aanbod sal aanvaar en word so uitgebuit.
Die slag as daar 'n salarisskaal by 'n werksadvertensie is wat bv. sê tussen $80k en $100k kan jy VERSEKER wees die maksimum wat jy gaan kry gaan baie naby aan $80k wees en hulle skroom nie om verskonings te soek om jou minder aan te bied nie.
Ek skilder nou 'n redelike slegte prentjie en seker die "worst scenario" ,maar berei jou maar voor op die dinge wat ek gesê het, want dan kan jy dalk net aangenaam verras word.
"KIWI EXPERIENCE": Alle immigrante wie nog ooit in NZ werk gesoek het ken hierdie twee woorde!! Dis gewoonlik die twee woorde wat gebruik word as rede hoekom jy nie 'n werk gekry het nie of hoekom jy nie meer geld aangebied is tydens jou onderhoud nie. Dis so 'n lekker Kiwi "cop out" as hulle nie in jou gesig vir jou wil sê dat hulle nie immigrante wil aanstel nie. LEES HIER OM UIT TE VIND HOE OM WERK TE VIND IN NZ AS JY NIE PERMANENT
HIER BLY NIE.
Immigrante se verwagtinge soms onrealisties:
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
SPESIALE WOORD AAN VERPLEEGSTERS
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
PERSONEELAGENTE / KONSULTANTE |
|||||||||||||||||||||
|
KONTRAKTE MET PERSONEELAGENTE / KONSULTANTE
Waarna moet jy oplet in 'n kontrak en wat moet jy vra?
1. Elke personeelagent sal jou een of ander ooreenkoms / kontrak laat
teken met voorwaardes en beperkings en dit is JOU plig om die dokument /
kontrak DEEGLIK deur te lees VOORDAT jy dit teken. As jy eers klaar
geteken het is dit te LAAT om oor die bepalings van die kontrak te huil.
Sorg dat jy 'n AFSKRIF van die kontrak kry wat jy geteken het, al is dit
net 'n fotostaat.
2. VRA pertinent VOORDAT jy teken wie verantwoordelik is vir die
betaling van die agent / konsultant se fooie. Dit is BAIE belangrik. As
jy verantwoordelik is vir die agent se fooie maak SEKER van die fooie en
WANNEER jy dit moet betaal. By sommige agente moet jy betaal VOORDAT
hulle jou bemark aan hulle kliënte en by ander betaal jy net as jy vir
'n onderhoud genooi word.
WEEREENS maak seker van die fooie VOORDAT jy teken.
3. Nog belangriker as die fooie is dat jy sal vra of daar 'n "straf"
klousule is of self seker maak op die kontrak of daar 'n "straf"
klousule is wat jou verantwoordelik maak vir die agent / konsultant se
fooie sou jy "onttrek" uit 'n werk wat jy aanvaar het of nie opdaag vir
die werk wat jy aanvaar het nie.
4. MAAK seker wat ingesluit is by die diens van die personeelagent. Vra of die agent jou gaan help met die verkryging van 'n werkspermit en of die agent net 'n werksaanbod (Job offer) gaan verskaf en dan moet jy self aansoek doen vir die werkspermit. Die meeste van die tyd verskaf hulle net die "job offer" en jy moet self die werksvisa kry.
As jy nie tevrede is met die bepalings in die kontrak met die
personeelagent nie, MOENIE die kontrak teken NIE! Daar is baie ander
agente wie jy kan gebruik, so moenie eers teken en agterna daaroor
"bitch" nie, jy het 'n keuse.
Omtrent alle kontrakte met personeelagente het een of ander "ontrekkingsklousule" wat jou gaan penaliseer as jy nie opdaag vir 'n werk wat jy aanvaar het nie. Die redes is eenvoudig.
Die agent gaan sy/haar komissie verloor as jy nie opdaag vir die werk nie en teen daardie tyd het die agent waarskynlik al heelwat bestee om jou te bemark of vir jou werk te soek en
IEMAND moet daarvoor betaal - die agent is nie 'n
liefdadigheidsorganisasie nie en moet sy/haar koste iewers vandaan
verhaal. As jy opdaag by die werk betaal die werkgewer waarskynlik die
agent 'n kommissie wat sy/haar koste dek, maar as jy nie opdaag nie gaan
jy betaal! ONTHOU dit.
LEES JOU KONTRAK!!
ONGELUKKIG is dit 'n feit dat daar heelwat SAners hier opdaag wat werk
soek, werk kry en dan net VERDWYN omdat hulle koue voete gekry het of
hulle omstandighede verander het en hulle nie meer kan immigreer nie.
Niemand wen in so 'n situasie nie. Die werksoeker kry 'n sleg naam en
sleep alle toekomstige werksoekers daarby in. Die personeelagent word in
'n groot verleentheid gestel en verloor sy/haar kommissie en die
werkgewer moet weer die hele proses van vooraf begin om iemand te kry om
die pos te vul. Dit mors tyd en kos HOPE geld!
BAIE BAIE BELANGRIK:
VOORDAT jy kom werk soek in New Zealand maak seker
dat jy reeds 'n gebeurlikheidsplan in plek het in geval jy wel 'n werk
sou kry en hier moet begin werk. Die meeste werkgewers wie immigrante
werf weet dat die immigrant waarskynlik nie dadelik sal kan begin werk
nie en is bereid om 3 tot 4 weke te wag sodat die persoon sy sake in
orde kan kry. Die maksimum is gewoonlik so 6 weke ,maar langer as dit is
'n bietjie onredelik om te verwag. Moet nie van die werkgewer verwag om
3 maande vir jou te wag nie - om een of ander rede dink SAners gereeld 3
maande is in orde! Ek weet nie hoekom nie. Miskien omdat hulle nie hulle
huiswerk behoorlik gedoen het nie.
MOENIE kom werk soek as jy nie eens weet wat jy gaan doen as jy die werk kry nie. Dis amper soos 'n hond wat 'n kar jaag, maar nie weet wat hy daarmee gaan maak as hy dit gevang het nie!! Jy gaan net jou naam (en ander SA immigrante) se naam GAT maak. Kom voorbereid en jy gaan 'n fantastiese lewe hê!! |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
IS DAAR 'N "SLEGTE" TYD OM WERK TE PROBEER SOEK IN
NZ? |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
"TYRE-KICKERS" , "REVOLVING DOOR EMPLOYEES" en probleme vir ernstige werksoekers
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
HOEVEEL MOET JY VERDIEN OM TE KAN OORLEEF IN NEW ZEALAND?
BAIE BELANGRIK: As jy na 30 November 2009 op 'n werkspermit na NZ kom en jou salaris is MINDER as NZ $33,675 per jaar (ongeveer $16.20c/uur) kan jou kinders NIE verniet skooltoe gaan nie en word hulle as "International Students" behandel en sal dit jou tussen $10 000 en $15 000 per kind per jaar kos om hulle hier te laat skoolgaan.(Bron)
Vir die bedrag $0.00 tot $14 000 trek jy 14.5%
belasting af (Sluit die ACC-heffing in) |
|||||||||||||||||||||
|
VAT-BELASTING:
(Value added Tax - voorheen GST) |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
NB: WERKSPERMITHOUERS WAT VAN WERK VERANDER
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
WERKLOOSHEID IN NZ |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
PLAASWERKERS!! - PASOP!! |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
PROBLEME IN DIE WERKSPLEK |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
KINDERS WAT WERK
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
PROBLEME OP AUCKLAND LUGHAWE EN SUMMIERE DEPORTASIE 'n Uitstekende "encryption" program met baie handige gebruike is TRUECRYPT en jy kan dit GRATIS aflaai op hulle webwerf. Selfs al word jy verplig om die "files" op die "encrypted drive" sigbaar te maak kan jy jou regte "files" nog steeds veilig wegsteek deur hierdie program. (Dankie Niel!)
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
GEREELDE VRAE OOR WERK, VERLOF EN WERKSPERMITTE |
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||