Kiwiboer louwrens van der merwe immigrasie na new zealand

navigation bar kiwiboer louwrens van der merwe

Navigation bar 2 Kiwiboer Louwrens van der Merwe

flight center

MICHELLE CLARKE

Phone:  + 64 9 478 6288
Mobile:
 + 64 21 609 141
Michelle.Clarkeflightcentre.co.nz

LSD-TOERE NA NEW ZEALAND

KOM KLIM AF EN BEGIN TOER !! - Dis so maklik wat dit is!! Ons tref al die reëlings tussenin en neem al die sorge uit jou "kom kyk" toer na New Zealand. Kom geniet dit net en los die res aan ons oor!

 

MEER OOR ONS

Ons gesinnetjie het in Februarie 2000 na NZ geïmmigreer uit SA en ons aanvanklik eers in Epsom, 'n voorstad van Auckland, tuis gemaak. Ons gesin het toe bestaan uit 4 lede naamlik ek, my vrou (Ina), my dogter Zani (toe 13 jr oud) en ons seun De Wet (toe 10 jr. oud).

My vrou is 'n teatersuster en in Februarie 2001 het sy 'n pos by die Southern Cross privaat hospitaal in Hamilton aanvaar en het ons sak en pak na Cambridge verhuis waar ons vandag nog bly. Cambridge is so ongeveer 22Km vanaf Hamilton.

Ons dogter (Zani) het gegradueer aan die Universiteit van Waikato en is tans 'n onderwysres by die Westlake Grils High School in Takapuna (North Shore, Auckland). Sy het in haar laaste jaar op Uni vir haar 'n Kiwi wederhelfte gevat en is enkele dae na haar laaste eksamen getroud met James Button, wat ons gesin laat aangroei het tot 5 lede!

Ons seun (De Wet) is nou 19jr. oud en tans 'n 2de jaar ingenieurstudent aan die Universiteit van Waikato. Hy woon nog in by ma en pa (sodat ons 'n ogie oor hom kan hou!).

Ek is betrokke by die IT-bedryf en het ook in 2007 begin met LSD-toere vir voornemnde immigrante na NZ.