IMMIGRASIEPROSES |
| |
|
OP HIERDIE BLAD
DIE HEEL EERSTE VRAAG WAT JY MOET VRA!!
DIE IMMIGRASIEPROSES - HOE BEGIN 'N MENS?
BAIE BELANGRIK!!
WAT BRING JY SAAM? HUISE, KARRE, MEUBELS? WAT VAN SKEEPSHOUERS
(Containers)?
MEDIESE ONDERSOEKE VIR IMMIGRASIE - IN NZ OF SA?
HUUR VAN HUISE
HUISKOOP
WEES VERSIGTIG WAT JY Sê
UITSTAANDE KWALITEITE VAN NZ
BIETJIE RAAD VIR JOU EERSTE AANKOMS - TRANSPORT, VEBLYF & INTERNET.
VERVOER NA EN VAN LUGHAWE
STRAATKAARTE VAN STEDE EN DORPE
IMMIGRASIEAGENTE
"TUPPERWARE" SEMINARE
VUURWAPENS OOR BRING
VELLE, TROFEË & HOUSNEEWERK
TROETELDIERE
GRASSNYERS, TUINGEREEDSKAP &
KAMPEERTOERUSTING
|
|

IN DIE "NUWE"
SUID-AFRIKA IS DIE ENIGSTE VERSKIL TUSSEN 'N IMMIGRANT EN
'N VLUGTELING NET .....
TYD !! Hierdie is nie my
woorde nie, ek het dit geleen by iemand anders wie voor my tot dieselfde
gevolgtrekking gekom het, maar sedert 2001 sê ek dit op my webwerf en
ten spyte van honderde e-mails van mense wie hulle "skirte" daaroor
beskyt het, het dit by die dag net meer en meer waar geword. Hou die
horlosie dop, dit gaan nie verander nie!!
In 1994 na die "Rainbow
Nation" tot stand gekom het, het 'n vriend van my die verkiesingsuitslae
in die koerant gesit en lees en toe sê hy die volgende woorde wat my vir
altyd sal bybly:
"Ou Louwrens, lyk my
met hierdie nuwe regering gaan ons baie vêr kom!! MAAR hoe de fok ons
gaan TERUG kom weet niemand nie!!".
Profetiese woorde!
|
 |
|
DIE HEEL EERSTE VRAE WAT JY MOET VRA VOORDAT JY
IMMIGREER
Voordat jy nog daaraan dink om 'n vliegtuigkaartjie na NZ te koop is
daar TWEE vrae wat jy vir jouself moet beantwoord en dit is:
1. Waarom wil jy immigreer? Wil jy permanent in NZ kom bly of wil jy net
tydelik kom?
2. As jy permanent wil kom
HOE GAAN JY TE WERK GAAN OM DIT TE BEREIK??
Enige mens met 'n gesonde verstand kan moes vir homself / haarself dink
dat daar een of ander Immigrasiebeleid in NZ bestaan waarvolgens
permanente immigrasie plaasvind en dat daar sekere voorwaardes is
waaraan jy sal moet voldoen ten einde permanent hier te bly. Is dit nie
so nie?? Nee nogal nie! Duisende SAners kom klim elke jaar hier af met
geen idee hoe hulle te werk moet gaan of te werk wil gaan om permanente
verblyfreg in NZ te kry nie. Meeste mense dink as jy net 'n werk hier
kan kry is alles reg en kan jy permanent bly. Jy kan nie meer verkeerd
wees as jy dit dink nie.
Begin deur vertroud te raak met die Immigrasiebeleid! Maak seker jy
KWALIFISEER vir permanente verblyfreg en moenie net hoop dit werk uit
nie. Moenie vertrou op vae beloftes van familie en vriende wie reeds in
NZ is nie - MAAK SEKER! Jy gaan vir jouself baie hartseer op die hals
haal. ASSEBLIEF kry die regte feite.
Hou ook asseblief ALTYD in gedagte dat NIKS in die Immigrasieproses
goedkoop is of verniet kom nie en dat nog minder dinge vinnig gebeur. Jy
sal vir elke stap langs die pad die Wet van Transvaal teëkom. Almal gaan
geld uit jou wurg op vele eerlike en oneerlike maniere. Die spreekwoord
wat sê: "Niks vir niks en 'n bietjie vir 'n tiekie" is beslis die
waarheid as dit op immigrasie toegepas word. Immigrasie gebeur nie
oornag nie, dis 'n uitgerekte proses met baie pyne en tonne stress, MAAR
dis alles die moeite werd!
Saam met hierdie blad MOET jy asseblief ook die blad
"Werk in NZ" lees.
Hulle gaan saam.

|
 |
|
PROBLEME OP AUCKLAND LUGHAWE EN SUMMIERE DEPORTASIE
Ek is seker julle het al almal die stories gehoor van SAners wie op
Auckland lughawe voorgekeer is en met die volgende vlug uit NZ
teruggestuur is na SA. Hoekom gebeur dit?
KLIEK HIER om die redes te
sien - die blad maak in 'n aparte venster oop.
|
|
|
|
DIE IMMIGRASIEPROSES
Die Immigrasieproses kan baie tydsaam wees (tot 9 maande en selfs
langer) - Daarby moet jy jou ook nog voorberei daarop dat die
Immigrasiebeamptes redelik onbeskof kan wees as hulle wil.
Jy KAN jou immigrasieaansoek self
hanteer of van 'n Immigrasieagent gebruik maak.
Berei jou ook daarop voor dat die immigrasieproses sy erg vernederende
en angstige oomblike het. Jy GAAN op een of ander tyd soos 'n stuk vleis
met 'n nommer behandel word en dit GAAN vernederend wees en jy kan nie
daarvan weg kom nie. Byt maar net vas en skel hulle onderlangs, want
hulle het die hef in die hand en NZ Immigrasie beskou jou nie as 'n
aanwins vir die land nie, maar eerder soos 'n indringer en
administratiewe las. Byt maar net vas, jy sal wel die vrugte pluk. Dis
eintlik jammer dat dit die toedrag van sake is, want NZ is BAIE
afhanklik van immigrante.
Die Immigrasiedepartement se webwerf het 'n redelike goeie uiteensetting
van die nuwe beleid en jy kan ook nou jou "Expression of Interest"
aanlyn voltooi. Die webwerf is goed op die bol en jy kan antwoorde op
omtrent al jou vrae kry in hulle werf. Kliek op die skakel om soontoe te
gaan: http://www.immigration.govt.nz/
ONTHOU: Vanaf 4 Mei 2009 MOET alle Immigrasieagente IN NZ
geregistreer wees by die
Immigration Advisers Authority -
Prokureurs wie as Immigrasieagente optree hoef NIE by die Immigration
Advisors Authority te registreer nie (hulle kan nie). Immigrasieagente
in die buiteland moet vanaf 4 Mei 2010 geregistreer wees.
Jy kan op die webwerf van die
Immigration Advisers Authority gaan kyk of
agente geregistreer is (die name verskyn mooi alfabeties in die lys en
dis maklik om dit op te kyk - kliek net op die skakel). Die Immigration
Advisers Authority registreer NIE maatskappye nie maar slegs individue.
Maak nie saak wat jou Immigrasieagent in NZ jou vertel nie as hy/sy nie
geregistreer is nie kan hy/sy NIE jou geld vat of jou aansoek hanteer
nie.
|
|
|
|
BAIE BELANGRIK!!!
HIER IS 'N PAAR BAIE, BAIE BELANGRIKE DINGE WAT JY ASSEBLIEF NIE MOET
IGNOREER NIE, DIT KAN JOU BAIE DUUR TE STAAN KOM.
1. As jy hierheen kom op 'n werkspermit en jy wil permanent hier kom bly
MAAK SEKER jy kwalifiseer vir permanente verblyfreg VOOR jy kom. As jy
nie voor jou koms kwalifiseer vir permanente verblyf (PR) nie gaan jy
NIE op grond van jou werksvisa of die tyd wat jy hier was vir PR
kwalifiseer nie en GAAN dit beteken dat jy na 'n paar jaar sal MOET
terugkeer na SA. Maak seker dat dinge vir jou gaan uitwerk VOORDAT jy
kom, moenie hierheen kom en hoop dat dinge vanself gaan uitwerk as jy
eers hier is nie - dit is wensdenkery en dinge kan vir jou BAIE verkeerd
loop. Ek suig nie die goed uit my duim nie ek kry elke dag daarmee te
doen.
2. Maak seker dat jy 'n gebeurlikheidsplan (plan B) in plek het as jou
immigrasie nie uitwerk nie en jy moet teruggaan. Dit is 'n kort
sinnetjie, maar sekerlik een van die belangrikstes.
3. Moet ASSEBLIEF nie jou hele lewe in SA opgee en sak en pak hier kom
afklim met die gesin en ouma en die troeteldiere terwyl jy net 'n
besoekerspermit het nie!! Dis 'n GROOT fout en al meer SAners het dit in
die afgelope tyd agtergekom, want die NZ Immigrasiediens begin die
skroewe al stywer aandraai. Die GROOTSTE hartseer van hierdie storie is,
is dat al meer SAners uit desperaatheid oor die situasie in SA net hier
kom afklim en dink alles gaan net gebeur. My hart bloei vir die mense,
maar jy gaan die lewe vir jouself (en jou gesin) oneindig kompliseer,
want jy loop die groot risiko om gedeporteer te word en dan sit jy
sonder 'n lewe in SA en met 'n groot klomp skuld. ONTHOU net as jy een
keer uit 'n land gedeporteer is jy amper geen kans het om ooit na enige
ander land te immigreer nie.
ASSEBLIEF DOEN DIE DINGE REG, MOENIE HIER KOM SWAARKRY NIE!
|
 |
|
MEDIESEVERSLAG VIR IMMIGRASIE - IN SA OF NZ??
Persoonlik is ek ten gunste daarvan dat mense hulle medieseondersoeke
vir Immigrasie in NZ laat doen bloot net op grond van die gerief dat
enige navrae oor die verslae vinnig opgelos kan word en nie via jou
dokter in SA moet gaan nie.
LET WEL: Daar is egter 'n paar ERNSTIGE oorwegings wat jy in gedagte
moet hou nl:
1. As jy jou Immigrasiemedies in NZ laat doen en hulle stel vas dat daar
'n mediese probleem is moet jy uit jou eie sak vir behandeling en
spesialiskostes betaal en mag dit selfs gebeur dat jou werkspermit nie
goedgekeur word nie of lank vertraag kan word en dan sit jy nog sonder
werk ook terwyl jy in NZ Dollars moet betaal vir spesialiste en
behandeling. Die bedrae kan in die duisende Dollars beloop en dat kan in
'n finansiëlefiasko ontaard.
2. As jy eers jou Immigrasiemedies in NZ laat doen en jy ontdek dan dat
jy 'n gesondheidsprobleem het wat jou ongeskik maak vir permanente
verblyf in NZ het jy ,om dit nou mooi te stel, 'n moerse probleem, want
dan moet jy terug keer na SA waar jy nie 'n werk of huis het nie en word
jou hele gesin/familie daarby betrek en het jy al jou geld in die water
gegooi en jou immigrasiedrome lê aan flarde.
3. Om jou immigrasiemedies in SA te laat doen kan voorkom dat jy hier in
NZ 'n ramp beleef as jy nie die gesondheidsvereistes slaag nie. As jy
reeds in SA onttek dat jou gesondheid nie van so 'n aard is dat jy PR in
NZ gaan kry nie kan jy net voort gaan met jou lewe en heel waarskynlik
behandeling ontvang vir die probleem en jou MEDIESEFONDS betaal
daarvoor!
4. Die minste wat jy moet doen voordat jy jou tasse pak vir NZ is om in
SA 'n deeglike medieseondersoek te ondergaan en dit sluit X-strale van
jou longe in sowel as bloedtoetse vir alles waarvoor hulle tydens
immigrasiemedies gaan kyk - HIV, Hepatitis, CHOLESTEROL, TB ens. Die
voordele van 'n deeglike medieseondersoek in SA is dat jou mediesefonds
nog heelwaarskynlik daarvoor gaan betaal en dat jou uitgawes minimaal
gaan wees!!
ONTHOU: Toestande soos hoë cholesterol, hoë bloeddruk ,suikersiekte en
"obesity" (erg oorgewig - soos ek!) is probleemtoestande in NZ wat 'n
groot las op die Gesondheidstelsel plaas en NZ miljoene kos en hulle wil
nie graag nog immigrante ook "invoer" met dieselfde probleme wat hulle
probleem nog erger kom maak nie. As jy dus een van hierdie toestande het
kry dit onder beheer VOORDAT jy kom, anders gaan jy beslis nie jou
Immigrasiemedies "pass" nie.
- Dank aan Niel Steyn vir sy bydraes.
As jou vrou swanger is of hulle stel vas dat sy verwagtend is gaan sy
NIE 'n werkspermit kry nie en jy gaan self verantwoordelik wees vir die
koste van die bevalling wat tot $11 000 kan beloop as daar komplikasies
is.
- Dank aan Matthys Freitag vir sy bydrae.

|
 |
|
HUISE, KARRE , MEUBELS & VRAGHOUERS (CONTAINERS)
'n Vraag wat deesdae al meer in navrae opduik is: "moet ons, ons meubels
oorbring?".
Om daardie vraag te beantwoord hang deesdae vir my net af van hoeveel
waarde jou meubels (finansieël of sentimenteel) vir jou het. As jy voel
dit is onmoontlik om van jou meubels afstand te doen en jy voel dit is
darem vir jou iets bekends om jou tuis te laat voel in die vreemde,
bring dan maar jou meubels oor.
As jy sonder jou meubels kan klaar kom en dit is nie vir jou 'n
vreeslikle ding om sonder dit te wees nie, sal ek sê verkoop jou meubels
en gebruik die geld van die meubels en die geld wat jy vir 'n vraghouer
(container) sou betaal het om hier vir jou nuwe meubels te kom koop. Dit
behoort dan sekerlik minstens so in die R90 000 omgewing te wees wat jou
so ongeveer NZ $16 000 sal gee teen 'n wisselkoers van R5.50c tot NZ
$1.00. Daarvoor kan jy verseker weer 'n 3 slaapkamer huis meubileer (as
jy nou nie uitspattig wil wees nie).
Jy kan BAIE meubels vir $16 000 koop as jy bereid is om 'n bietjie rond
te kyk en veral goeie (feitlik nuwe) tweedehandse meubels is ongelooflik
goedkoop in vergelyking met nuwes. As jy net nuwe meubels wil koop gaan
$16 000 so effens te kort skiet, maar as jy vindingryk is en 'n bietjie
rond kyk kan jy 'n hele huis vol ordentlike meubels maak met $16 000.
Ons het dit gedoen en het nog baie van die meubels wat ons 2de hands
gekoop het toe ons hier aangekom het. Nou praat ek natuurlik nie met die
ouens wat met hulle "Kruger-miljoene" uit SA hier aangekom het nie en
daar is deesdae BAIE van hulle, ek praat nou net met die gewone "commen,
garden variety" SAners soos ek.
Om 'n vraghouer (container) met meubels te bring het 'n paar nadele wat
jy in gedagte moet hou, nl:
1. Van die elektriese apparate, soos TV's en Video's, gaan dalk nie hier
werk nie en jy gaan nie diens of onderdele vir hulle kry nie.
2. Julle sal onmiddelik 'n huis moet huur wat groot genoeg is om al
julle meubels te kan vat of dit ten duurste moet laat stoor.
3. Dit gaan jou verplig om onmiddelik te vestig in 'n sekere
gebied/dorp/stad voordat jy dalk gereed is en gaan dit moeilik maak om
maklik na 'n ander dorp/stad te beweeg waar daar dalk beter moontlikhede
of werksgeleenthede is. Om te trek in NZ is 'n DUUR storie (as jy dit
laat doen).
4. Terwyl jy wag vir jou vraghouer om aan te kom sal jy meubels,
breekgoed, kombuisware en elektriese ware moet koop om jou huis/woonstel
te meubileer waarvan jy weer ontslae sal moet raak of opgaar.
'n Vraghouer (container) kan 'n GROOT meulsteen om jou nek raak as jy
nie jou beplanning mooi gedoen het nie.
ONTHOU ek praat net van 'n huis se meubels ,ek praat nie van 'n man wie
sy eie besigheid by die huis gehad het en nou met miljoene rande se
masjiene en gereedskap sit nie, dis heeltemal iets anders. Kom ons hou
maar net by die meubeltjies vir nou.
Moet ASSEBLIEF nie karre bring nie, bring net meubels as jy iets wil
bring! Karre is goedkoop en volop en ingevoerde karre uit SA voldoen nie
altyd aan die vereistes wat daar gestel word nie en dan sit jy dalk nog
met nuttelose voertuig om van ontslae te raak. Einde 2005 was daar 3.8
miljoen voertuie in NZ (Bron: LTSA) en dit raak net meer (jy sal dit gou
agterkom as jy hier kom, want dit is asof dit permanent spitstyd is in
NZ).
BAIE BELANGRIK: As jou vraghouer (container) uit SA in NZ aankom en jy
het nie reeds PR (residence) of 'n werkspermit vir 12 maande of langer
nie GAAN jy
invoerbelasting betaal op die waarde van die inhoud van jou
hele vraghouer. Vir 'n gewone huishouding se meubels, ens. kan dit tot
$10 000 beloop.
|
 |
|
HUUR VAN HUISE
Die grootste gros immigrante sal nie onmiddelik met aankoms 'n huis koop
nie en sal 'n huis moet huur. Die huur van huise word deur 'n wet beheer
genaam die
TENANCY ACT en 'n staatsdepartement hanteer die deposito's
(Bonds) en besleg geskille tussen Huurders en Verhuurders. Die
TENANCY
SERVICES het 'n volledige webwerf waar jy die wet kan aflaai en alles
omtrent jou regte kan uitvind.
Voor ek verder gaan wil ek net sê dat huishuur PER WEEK betaal word.
Daar word gewoonlik van jou verwag om minstens 3 weke se huur as 'n
deposito/waarborg (Bond) neer te sit (die Wet beperk dit tot hoogstens
vier weke se huur). Dan moet jy daarby gewoonlik ook nog twee of 3 weke
se huur vooruit betaal en as jy deur 'n agent huur hef die agent nog 'n
fooi gelyk aan een week se huur + belasting en daarby ook vir krag, gas
& telefoonaansluitings. So as jy beplan om 'n huis wat vir $350 per week
verhuur word deur 'n agent te huur sal jy $2400 gereed moet hou VOORDAT
jy jou voet in 'n huis gesit het ($1050 = 3 weke se huur vir die "Bond"
PLUS $700 = 2 weke se huur vooruit PLUS $350 = agentkomissie PLUS $300
vir jou krag, gas en telefoon aansluitings). Dit is 'n klomp geld vir
ons gewone armgatte en jy eet die eerste paar weke net pap-en-tik in jou
nuwe huis.
ONTHOU tog net dat ALLE huise in NZ feitlik permanent in die mark is (of
so voel dit altans vir ons) want skaars het ons gewoonlik in 'n huis
ingetrek of die eienaar (landlord) verkoop hom onder ons gatte uit. Ons
het 6 keer getrek in die eerste 4 jaar wat ons in Cambridge gebly het,
so moenie te gemaklik raak in 'n huurhuis nie! As 'n Kiwi (of SAner)
voel hy kan 'n paar dollar wins maak op 'n huis SAL hy dit in die mark
sit en huurders is NIE 'n faktor nie, GELD is! BAIE MIN ,indien enige,
oorweging word aan huurders gegee by die verkoop van huise en huurders
is maar net gatte op betaalde sitplekke wat die rente betaal op die huis
totdat hy vir meer geld van die hand gesit kan word. Moenie illusies
daaromtrent hê nie, dit werk nou maar net so.
Daar word deur die Tenancy Act baie duidelikelike voorskrifte gegee van
hoe lank en op watter wyses jy kennis gegee moet word - ALTYD skriftelik
en gewoonlik nie korter as 6 weke nie. Die verhuurder (landlord or his
agent) MOET die deposito (Bond) binne 23 werksdae nadat hy/hulle dit van
jou onvang het (en jou 'n kwitansie gegee het) by die Tenancy Office van
die staat inbetaal en hulle hou dit in trust, NIE die verhuurder NIE.
Die Tenancy Office stuur ook vir jou en die verhuurder 'n bewys van
ontvangs van die geld. As die verhuurder nie die geld by die Tenancy
Office inbetaal nie begaan hy 'n kriminele oortreding. Verhuurders of
hulle agente moet normaalweg ook vir jou minstens 48-uur kennis gee as
hulle die perseel wil inspekteer (wat hulle om verstaanbare redes baie
gereeld doen). Vergewis jou asseblief van al jou regte voordat jy 'n
huis huur deur die webwerf van die
TENANCY SERVICES te besoek.
NB: Binne 'n week nadat jy by 'n huurhuis ingetrek het moet jy 'n lys
van gebreke, skade & tekorkominge by die "landlord" of sy agent ingee.
Doen asseblief die moeite om 'n VOLLEDIGE lys te maak, want dit kan jou
letterlik duur te staan kom as jy dit nie doen nie. Hulle sal enige
verskoning gebruik om nie jou "bond" vir jou terug te gee nie, maar dit
eerder te gebruik om die huis op te knap.
Ek doen die moeite om foto's te neem met my digitalekamera van elke
moontlike en onmoontlike ding en het al 'n CD met 139 foto's aan 'n
sekere "landlord" oorhandig saam met die lys. Moenie net op die lys na
die foto's verwys nie, beskryf elke foto op die CD. Deesdae ,met die
beskikbaarheid van die klein videokameratjies, vind ek dit nog makliker
om doodeenvoudig net 'n volledige video te neem van alles in en om die
huis en 'n kopie aan die "landlord" te oorhandig. Onthou om verskeie
persone op die video vas te lê wat later as getuies kan optree. Ek laat
my vriende die skade uitwys of sommer maar net in die kamer staan as ek
begin om die opname te maak. Neem tog asseblief alle kolle en skade aan
matte af, want hulle gebruik graag matte as 'n verskoning om jou geld te
hou.
Laastens, moet ook nie geskok wees oor die toestand van sommige huise
wat te huur aangebied word nie. Enigiets van krotte en pleinweg sommer
net "Varkhokke" word te huur aangebied tot paleise en plase.
Dit is ook algemene gebruik dat verhuurders verwysings vra van jou
vorige "landlords" en jou selfs by jou huis besoek om te sien of jy
netjies genoeg is vir hulle huis. Ons het een keer 'n besonderse
nuuskierige "landlady" gehad wat verwysings gevra het, ons in
besonderhede oor ons herkoms en aktiwiteite uitgevra het en selfs deur
ons huis kom snuffel het om te kyk of ons netjies genoeg na haar smaak
is. Nodeloos om te sê dat dit my gat so effens rou geskaaf het en toe
vertel ek haar wat sy met haar huisie kan doen en toe vryf my dogter dit
nog in deur te sê ons sien nie kans vir die volgende stap op haar lys
nie nl. "fingerprints and dental records"! Sy het nie gedink dis snaaks
nie, maar ons het ons gekraak. Aan hierdie openlike diskriminasie
teenoor immigrante raak 'n mens ook gewoond.
LW: As jy 'n swak huurder is met geen of swak verwysings van jou vorige
"landlords" gaan jy sukkel om 'n ordentlike huis te huur en gaan jou
"bond" of deposito waarskynlik "gelaai" word om vir die risiko op te
maak!
HOE EN WAAR VIND JY 'N HUIS OM TE HUUR?
Die eerste paar dae na jou aankoms sal jy waarskynlik in 'n Motel of by
vriende of familie bly. As jy jouself wil geld spaar en jou familie
en/of vriende wil behou moet jy dadelik begin om 'n huis of woonstel te
soek om in te bly. Dit word algemeen onder gevestigde immigrante aanvaar
dat vriende of familie wie immigreer en tydelik by jou tuisgaan nie vir
langer as 3 weke (maks) van jou gasvryheid gebruik sal maak nie (ek het
met dosyne gevestigde immigrante hieroor gepraat en meer as 90% het gesê
3 weke is omtrent die maksimum tydperk).
Nou waar begin jy om 'n huis te soek? Jou beste bronne vir huurhuise is:
1. Plaaslike eiendomsagentskappe.
2. Plaaslike koerante (omtrent elke dorp in NZ het sy eie koerantjie).
3. Die Internet - gaan kyk op die volgende webwerwe:
http://www.trademe.co.nz/
http://www.realestate.co.nz/
http://search4homes.co.nz/

|
 |
|
HUISKOOP?
Huise is duur en net soos in SA het New Zealand ook die afgelope 7 jaar
'n "housing boom" gehad en het pryse van huise tussen 2000 en 2007 met
81.5% gestyg! Die gemiddelde prys (nasionaal) vir 'n 3 slaapkamer huis
in NZ is nou $393 240. Op 21 Januarie 2008 het NZ se huise amptelik die
mins bekostigbare huise geword as dit gemeet word aan inkomste.
As 'n baie growwe maatstaf kan jy rofweg reken om maandeliks $900 per
$100 000 van jou huislening te betaal, met ander woorde vir 'n huis van
$350 000 (wat 'n baie basiese huis is met 3 slaapkamers, 2 badkamers en
'n enkel motorhuis) kan jy verwag om maandeliks in die omgewing van NZ
$3200 te betaal (9.2% oor 20 jaar).
Kyk hier vir die heersende rentekoerse:
http://www.interest.co.nz/
Jy moet daarby ook nog minstens $250 per maand byvoeg vir versekering en
belastings.
Huiskoop in NZ is maklik en vinnig. Oordrag van die eiendom op jou naam
geskied binne 2 tot 3 weke en die koste verbonde aan oordrag is BAIE
billik en nie naastenby so duur (of tydsaam!) soos in SA nie. Die
oordragkoste is gewoonlik $2000 tot $3000.
LW: Daar is ook drastiese verskille tussen huispryse in die stede en
platteland.
GELUKKIG (ongelukkig vir die ouens wie gekoop het!) is die huispryse op
die oomblik besig om weer af te kom en lyk dit darem nie of die
binnekort weer gaan styg nie. In sommige stede het die pryse selfs al
met 10% geval teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.
As jy presiese statistieke wil hê oor die Eiendomsmark in NZ en oor
huispryse in al die streke gaan asseblief na die webwerf van
Quotable
Value.
Om die huidige NZ rentekoerse te sien op alles van huislenings tot
kredietkaarte en beleggings tot spaarrekeninge gaan na
www.interest.co.nz
|
 |
|
NB: WEES VERSIGTIG - ASSEBLIEF !!
Sê die minimum:
Die meeste van ons wat immigreer voel so verlig oor die moontlikhede van
'n nuwe lewe in 'n ander land dat ons nie kan wag om die regeerders van
die land te vertel waar hulle die "nuwe" SA kan gaan in druk nie.
Ongelukkig is daardie gat (verskoon tog maar die toevallige ooreenkoms
met die regte plek) reeds oorvol en het "Die Regeerders" reeds ons
ywerigheid om ons verligting uit te blaker teen ons begin inspan. As jy
immigreer sê tog maar die minimum, want as "Big Brother" jou hoor
verloor jy in 'n japtrap jou kosbegroting en tref allerhande peste en
plae jou. Tot tyd en wyl jy burgerskap in 'n ander land aanvaar het en
al jou bande met SA verbreek het is jy net "tydelik" oorsee om daar te
"werk" of te "studeer". Jou ywerigheid om aan alles met ore te vertel jy
immigreer kan jou letterlik "duur" te staan kom en BAIE onwelkome oë op
jou vestig. Vat maar hierdie bietjie raad, dit kom uit die dure
ondervinding van verskeie immigrante.
|
 |
|
'n PAAR UITSTAANDE KWALITEITE VAN NEW ZEALAND
Dit is 'n BAIE VEILIGE land om in te bly.
Lae misdaadsyfer
Dit is 'n pragtige land - prentjiemooi.
'n Goeie lewensstandaard.
Goeie medieseversorging.
Goeie skole en Universiteite.
Goeie infrastruktuur.
Puik dienste.
Skoon geriewe.
Wetsgehoorsame mense.
Stabiele Regering.
Bostaande lys kan baie lank raak en dit is maar net 'n paar waaraan ek
die meeste waarde heg.

|
 |
|
JOU EERSTE AANKOMS IN NZ
VERVOER VAN DIE LUGHAWE AF
Van die lughawe na jou hotel/backpackers toe is dit beslis die
goedkoopste om die Airport Schuttle te vat. Gewoonlik sulke mini-bussies
met 'n toe bagasiesleepwa. Hulle lewer jou by jou bestemming af. Daar is
ook busse van die lughawe tot in die stad, maar ek het nog nooit van
hulle gebruik gemaak nie en jy moet ook die stad ken om te weet waarheen
hulle gaan. Die Schuttle is die beste, vra maar daar op die lughawe waar
jy die Airport Schuttle kan kry, almal ken dit. 'n Taxi is jou laaste
uitweg, want hulle is die duurste en soms belaglik duur. Ek gee 'n
bietjie meer besonderhede oor die "Airport Shuttle Service" 'n bietjie
verder in die blad. KLIEK HIER om soontoe te gaan.
WAAR MOET EK BLY?
Jy gaan waarskynlik die eerste week of twee nie 'n keuse hê as om by
vriende/familie of in 'n Hotel/Motel/B&B of Backpackers (goedkoopste,
maar meer vir jonger mense) te bly nie. Gewoonlik kan jy jou maar
regmaak (op die goedkoopste plekke) vir so $45 per nag vir enkellopendes
en so $60 per nag vir pare wat deel. As jy by vriende/familie bly het jy
nie eintlik so 'n groot probleem nie, maar as jy moet betaal vir jou
verblyf gaan dit jou loon om onmiddelik vir 'n huurhuis of
woonstel/kamer te soek. Koop vir jou die plaaslike koerante of soek op
die Internet na huurakkommodasie.
Gaan lees ASSEBLIEF die artikel oor
huurhuise hier bo wat ek geskryf het om jou op hoogte te bring met wat
jou regte is en wat van jou verwag word as jy huur. Normaalweg beveel ek
gastehuise of B&B plekke aan wat deur SAners besit en bestuur word omdat
jy daar gewoonlik baie meer tuis voel en jy in jou eie taal gehelp kan
word deur mense wat jou omstandighede verstaan en hulle ervaring met jou
kan deel en die aanpassing en verlange darem so 'n bietjie ligter kan
maak.
|
 |
|
TELEFOON & INTERNET
Alle motelle/packpackers het hulle eie Internetkiosks en jy sal nie 'n
probleem hê om vinnig 'n e-mail of twee te stuur nie. Internetkafees is
ook orals te kry in die stede en dorpe en dit behoort redelik maklik te
wees vir jou om met jou familie in aanraking te kom. Almal hier by ons
gebruik maar die Internettelefoon (VOiP) SKYPE om met ons families in SA
te praat, want dis ongelooflik duur om SA toe te bel. As jy jou eie
skootrekenaar (laptop) saambring sal jy natuurlik weer hier 'n
Internetdiensverskaffer moet kry, want jou SA diensverskaffer gaan nie
hier werk nie. Jy kan vir jou 'n prepaid Internet kontrak kry tot tyd en
wyl jy 'n permanente blyplek het en dan gaan die Internet vir jou baie
goedkoop wees, want dan kan jy van enige telefoon in NZ op die Internet
gaan. Diensverskaffers in NZ gebruik tolvryenommers en die oproep
(dail-up) is verniet, so jy betaal net vir jou Internet-toegang.
Jy kan pre-paid Internet pakkette kry by Netsurf
(http://www.netsurf.co.nz/netsurf_prepay.htm) en Earthlight
(http://www.earthlight.co.nz/travellers.htm). Jy kan vir jou klaar 'n
rekening skep in SA oor die Internet met jou kredietkaart.
Die maklikste en goedkoopste manier om jou familie te bel in SA is maar
om vir jou een van die dosyne telefoonkaarte te koop wat by omtrent elke
klein kafeetjie beskikbaar is (hier word 'n klein kafeetjie 'n "Dairy" -
melkery - genoem) . Met die telefoonkaart kan jy jou telefoonuitgawes
baie goed beheer, want as jy van die motel/backpackers/hotel se foon af
gaan bel gaan jy gou-gou met 'n helse telefoonrekening sit. Met die
telefoonkaart bel jy 'n tolvrye 0800-nommer, tik die kode op die kaart
in en tik dan jou nommer wat jy wil bel in. Met 'n telefoonkaart van $10
kan jy na 'n gewone landlyn telefoon (NIE selfone nie!) in SA praat vir
so tussen 30 tot 45 minute en soms langer. Dis beslis die goedkoopste
manier en jy bel nie op skuld nie. As die geld op is is dit op en jy
koop net 'n nuwe kaart. Ek dink die kaarte gaan tot by $50. Daar is so
baie verskillende kaarte dat ek nie weet watter een om aan te beveel
nie. Jy sal wel gou uitvind watter een die beste is. Vra maar die
persoon by die "dairy" of winkel.
As jou SA selfoon se simkaart kan uithaal kan jy hom (die selfoon)
saambring en net hier 'n nuwe pre-paid kaart kom koop. Om egter SA toe
te bel op 'n selfoon of om oproepe hier te kry op 'n selfoon gaan 'n
plaas se geld kos. Vir 'n noodmaatreël is dit egter 'n goeie idee. Jy
kan natuurlik ook hier 'n goedkoop pre-paid selfoon koop (ongeveer $100)
of een huur.
ONTHOU om jou kredietkaart by jou bank in SA te laat registreer en
aktiveer vir buitelandse transaksies!!
|
 |
|
KAR: HUUR of KOOP?
As jy nie dadelik 'n kar wil koop nie is die enigste ander opsies
natuurlik publieke transport (busse & treine) of die huur van 'n
goedkoop karretjie. Ek het 'n bietjie navorsing gedoen en gou agtergekom
dat 'n "goedkoop" huurkarretjie nie eintlik bestaan nie, want selfs die
kleinste karretjie (1000cc tot 1300cc) gaan jou enigiets van NZ $35 tot
NZ $45 per dag uit die sak jaag sonder versekering en op sommige is daar
selfs 'n km-beperking (jy mag slegs in die stad ry waar jy die kar
gehuur het) en per-Km fooi wat bygevoeg word. Daar is letterlik honderde
motorverhuuringsbesighede in NZ en honderde webwerwe vir huurmotors en
ek weet nie eens waar om te begin nie.
Die onderstaande websites vir motorhuur kan dalk help. Dis maar net die
paar wat vir my billik gelyk het. Ek het meer as 'n uur deur almal
gesoek. Gaan kyk maar op die Internet.
http://www.economy.co.nz/
http://www.tuicampers.co.nz/ (Campervans)
http://www.gorentals.co.nz/default.asp
http://www.rentadent.co.nz
http://www.hirecar.co.nz/
http://www.jucy.co.nz/
In NZ kan jy vir so NZ $2500 vir jou 'n BAIE oulike karretjie koop wat
jou lank kan hou en dit sal miskien die beste opsie wees om maar vas te
byt en 'n klein karretjie te koop. Vir 'n maand se karhuur gaan jy in
elke geval hier by 'n $1000 betaal.
Die beste plek op die Internet om vir karre te gaan
soek is op
TRADEME.
Daar is 'n plek in Auckland waar "Backpackers" ,wie 'n geruime tyd deur
NZ gereis het, van hulle kar ontslae kan raak deur hulle karre te smous
aan ander mense wie 'n goedkoop padwaardige karretjie soek. Dit word die
BACKPACKERS CAR MARKET genoem, gaan kyk gerus daar. Die Backpackers Car
Market is in 20 East Street, Central Auckland en is oop van 09:00 tot
17:00 elke dag.

|
 |
|
VERVOER NA EN VAN LUGHAWE (Auckland & Hamilton)
Tensy jy een van daai manne is met die DIK beursies wat deesdae uit SA
hier afklim gaan 'n Taxi-fooi in Auckland en Hamilton jou oë laat traan.
Daar is ,myns insiens, maar net een bekostigbare manier om van die
lughawe tot in die stad te kom en dit is met die "Shuttle service".
Enige "airport shuttle" diens (daar is verskeie) is AANSIENLIK goedkoper
as 'n Taxi. Die "shuttle service" laai jou voor jou blyplek se deur af
en weer op as dit nodig is. Deesdae kry ek ook al hoe meer navrae van
mense wat vanaf Auckland lughawe na Hamilton moet gaan en gelukkig is
daar 'n "shuttle service" wat elke dag heen-en weer ry van Auckland
lughawe na Hamilton en andersom.
WAAR KRY JY DIE "SHUTTLES" OP AUCKLAND LUGHAWE? As jy in die
ontvangslokaal by Auckland lughawe inkom (dis nou nadat jy reeds deur
Immigrasie en Doane is) hou jy LINKS. Jy sal sien daar is 'n dik
Stainless steel pyp skeiding aan die linkerkant en aan die einde van
daai pyp draai jy links en dan sal jy 'n uitgang voor jou sien (net na
McDonalds). Gaan daar uit en jy sal die "Shuttles" aan jou linkerkant
sien. As jy vergeet van die pyp soek net vir McDonalds.
Goeie "airport shuttle services" wat ek kan aanbeveel is:
STEDELIKE "AIRPORT SHUTTLES"
In die volgende stede kry jy op die lughawe die "Super Shuttle" :
Auckland / Hamilton / Rotorua / Hawkes Bay / Wellington / Nelson /
Christchurch / Dunedin en Queenstown. Op die Super Shuttle webwerf
(http://www.supershuttle.co.nz) sal jy ook die fooie kry en besprekings
kan maak. Hulle lewer 'n baie goeie diens en jy kan met vrymoedigheid
van die diens gebruik maak.
AUCKLAND LUGHAWE NA EN VAN HAMILTON
Die Minibus Express (http://www.minibus.co.nz/) loop elke dag van die
week tussen Hamilton en Auckland lughawe. Die fooie is ongelooflik
billik - ongeveer $70 vir 'n eenrigting kaartjie en $130 vir retoer. Al
hulle kontakbesonderhede is op die webwerf, asook hoe om besprekings te
doen. Hulle lewer jou voor jou deur af in Hamilton en tel jou ook weer
daar op.
|
 |
|
STRAATKAARTE VAN STEDE IN NZ
Straatkaart van Auckland en voorstede is te vinde by:
http://www.nzmaps.co.nz/
Kaart / Kaarte van ander stede en dorpe is te vinde by:
http://www.wises.co.nz
Nog goeie kaarte is te vinde by:
http://www.zoomin.co.nz/address
http://maps.google.co.nz/
|
 |
|
BAIE MIN HULP
Die rooi mat van immigrasie na NZ eindig by die lughawe as jy daar
afklim en daarvandaan is jy op jouself aangewese. Immigrante kan ook nie
reken op die steun van hulle werkgewers nie, so sorg dat jy so vêr
moontlik op jou eie stoom kan reg kom.
NZ werkgewers sal slegs in HOOGS UITSONDERLIKE gevalle jou
hervestigskoste betaal en ek het in byna 9 jaar hier nog net van 'n hand
vol mense gehoor wie se hervestigskoste (container met meubels en
vliegkaartjies) deur die werkgewer betaal was en in alle gevalle was dit
'n groot maatskappy wat mense met uitsonderlike kwalifikasies of
vaardighede gesoek het. Die beste waarop jy kan hoop (en dis 'n GROOT
hoop) is dat die werkgewer jou vliegtuigkaartjie sal betaal en dis ook
maar 'n "long shot" dat dit sal gebeur.
DAAR KOM MIN VAN BELOFTES! Gaan kyk ook op die blad "Werk
in NZ".
|
 |
|
IMMIGRASIEAGENTE
Daar is min dinge waaroor ek so gereeld vrae en terugvoer kry as oor
immigrasieagente en ongelukkig is min van die terugvoer positief. Ek het
dosyne e-mails van immigrante en voornemende immigrante wat kla oor die
dienste en fooie van immigrasieagente. 99% van klagtes gaan oor vals
beloftes en die groot bedrae geld wat gereeld uit hulle "gemelk" word
(soos hulle dit stel).
Soos met enige diens wat gelewer word is die oorgrote meerderheid van
immigrasieagente doodgewone eerlike ouens wat maar net 'n diens lewer en
daarvoor betaal moet word. Ongelukkig is daar altyd 'n paar vrot appels
wat almal 'n slegte naam gee met die gevolg dat almal met dieselfde kwas
geverf word - soos tweehandse motorverkoopsmanne en eiendomsagente (maar
ek dink hulle verdien dit!).
Die toedrag van sake en kon beslis nie so voortduur nie, daarom het die
NZ Regering nou ingegryp en die Immigration Advisers Authority (IAA)
(http://www.iaa.govt.nz/) geskep om Immigrasieagente te registreer en te
beheer. Immigrasieagente in NZ moet reeds sedert 4 Mei 2009
geregistreer wees. Prokureurs wat as Immigrasiekonsultante optree
hoef nie te registreer nie.
Sedert 4 Mei 2010 MOET alle agente in die buiteland ook geregistreer wees.
Jy kan dan enige immigrasieagent om sy registrasienommer vra en dit gaan
opkyk op die webwerf van die Immigration Advisers Authority (IAA).
Let egter op dat Prokureurs nie nodig het om te registreer as
immigrasieagente nie. Hulle word reeds deur ander liggame beheer.
Die meerderheid van klagtes wat ek ontvang is dat immigrasieagente die
mense (voornemende immigrante) "MELK" vir geld en dat hulle gereeld
groot bedrae (in Rand) moet betaal om die proses aan die gang te hou en
die immigrasieagent sover te kry om iets te doen.
Die begrip "Melk vir geld" is feitlik altyd in 'n negatiewe sin, maar 'n
mens kan dit ook sien as "progress payments" of 'n soort van paaiement.
In alle regverdigheid teenoor die immigrasieagent moet 'n mens ALTYD in
gedagte hou dat die immigrasieproses presies dit is - 'N PROSES.
Die negatiewe verbintenis van "Melk vir geld" kom in wanneer
immigrasieagente nie die proses en kostestruktuur aan die voornemende
immigrante verduidelik nie en voornemende immigrante hulle nie self op
hoogte bring met die proses en kostes nie. In hierdie verwarring gebeur
dit dan soms dat SOMMIGE immigrasieagente belaglike bedrae vra vir hulle
werk en die proses onnodiglik uitrek om hulle winste te maksimaliseer.
Die kostes van die immigrasiedepartement is NIE 'n geheim nie en dit kan
maklik gekry word deur net na
NZ Immigrasie se webwerf te gaan en die
"SEARCH" blokkie te gebruik. Tik in "FEES GUIDE" en kliek "GO" . By die
soek resultate sal jy 'n dokument sien genaamd "Fees Guide INZ (1028)".
Die dokument is in PDF formaat. Laai hom af en lees dit.
Nouja om terug te kom na die immigrasieagent wat jou "melk vir geld"
laat ek dit so duidelik maak - daar is 'n paar maniere waarop hulle te
werk gaan om die immigrasieproses aan te pak en ek raak net aan twee
algemene maniere:
1. Die immigrasieagent werk uit wat die maksimum bedrag is wat die HELE
proses gaan kos en vra jou dan een groot bedrag wat alles insluit (NZ
immigrasie se kostes en sy fooi) en betaal dan pro rata geld aan jou
terug indien die proses/aansoek misluk en ook afhangende van waar in die
proses die aansoek misluk. Hoe verder die aansoek gevorder het voordat
dit misluk het hoe duurder gaan die mislukking jou kos, natuurlik.
2. Die immigrasieagent laat jou in paaiemente vooruit betaal vir elke
deel van die proses wat afgehandel word (hierdie is die mees algemene
metode). Net om argumentsonthalwe laat ek dit so verduidelik: sê maar jy
het aansoek gedoen vir PR (Permanent Residence), dan begin die proses by
die "Expression of interest" wat op die goedkoopste NZ $400 kos (aanlyn)
plus die agent se fooi en gaan die agent jou daarvoor laat betaal
VOORDAT hy/sy daarmee begin, want die agent moet die NZ
immigrasiedepartement dadelik betaal by indiening van enige aansoek. Van
die "expression of interest" af raak dit natuurlik al hoe duurder, MAAR
jy kan die kostes kontroleer wat die agent vra deur te WEET wat die
Immigrasiedepartement se kostes is en seker te maak die agent blaas nie
die kostes op om jou te verneuk nie.
Om net die kostes 'n bietjie duideliker te maak - as jy 'n doodgewone
PR-aansoek insit uit SA is die MINIMUM kostes van die NZ Immigrasiedept.
in die omgewing van NZ $3400 - NZ $400 vir 'n
"online" Expression of interest + NZ $1800 ($1400 as jy reeds in NZ is)
vir die "Residence Application" + NZ $1200 vir die "Migrant Levy"
(vir 4 persone teen $300 per persoon).
DAARNA moet die agent se komissie/fooie nog bykom. Die fooie hierbo is
vir die "Skilled Migrant Category" en die ander kategorië is nog duurder
- kyk die "Fees Guide".
Hierdie kostes is nou die minimum en sluit NIE koerierkostes,
vertalingskostes, sertifiseringskostes, regsmenings, posgeld, ens. in
nie. Baie min aansoeke is die eerste keer in orde en die grootste gros
van aansoeke moet rondgestuur word met die pos of koerier wat die kostes
vinnig die hoogte laat inskiet. Om dokumente van NZ na SA te koerier kos
'n moerse klomp geld. Jy kan jouself baie geld spaar deur seker te maak
jou dokumentasie is reg voordat jy dit weg stuur. Luister na wat die
agent vra en doen presies so.
'n Klagte wat ek ook gereeld kry is dat immigrasieagente net
dokumente/aansoeke merk en terug stuur en niks voltooi nie. Maak net
seker dat dit nie 'n vereiste van die NZ Immigrasiedept. is dat jy self
die aansoek moet voltooi nie. Aansoeke vir PR kan die agent namens jou
voltooi.
Om te verseker dat jy nie uitgebuit word nie vra voor die tyd 'n
gespesifiseerde kwotasie van kostes en fooie en kry ook verskeie
kwotasies. Moenie net die eerste (of goedkoopste) een aanvaar nie. Kyk
na die maatskappy/agent se webwerf en rekord. Kyk hoe lank die persoon
of besigheid al in die bedryf is en probeer praat met mense wat al van
die agent se dienste gebruik gemaak het.
NB: Die eerste plek om te begin om 'n Immigrasieagent uit te kyk is om
die agent se webwerf te besoek en te kyk of hulle besigheid 'n fisiese
STRAATADRES het waar jy hulle kan gaan opsoek.
Sommige agente het op hulle webwerf net e-mail adresse, posadresse,
telefoonommers en 'n vorm of twee op waar jy hulle kan kontak. As daar
nie 'n fisiese adres op is nie moet dit klaar klokkies by jou begin lui.
Dit gesê was ek 'n rukkie gelede by 'n "fisiese adres" van 'n
"immigrasiemaatskappy" wat beweer hulle is een van die grootste en beste
immigrasiemaatskappye in NZ en al wat ons by hulle "straatadres" gekry
het is 'n "sekretaresse" wat jou by 'n groot kantoorblok se
ontvangstoonbank kry en "onderhoude" met kliënte voer in die
ontvangslokaal. Ons was nooit by enige kantoor in nie en weet nie eens
of hulle regtig daar 'n kantoor het nie.
As jy op soek is na 'n kundige en betroubare persoon om jou met jou
immigrasie aansoek by te staan kan jy gerus die mense by
Baker Law
in Mairangi Bay op Auckland se North Shore skakel. Die kotak persoon
daar is Wyan Nelson (hy praat Afrikaans en sy naam word uitgespreek as
"Weihann" en nie soos die Engelse "Waynne" nie) sy telefoonnommer is
Tel: +64 9 4283137 - Sel: +64 21 0675339 en sy e-posadres is
wyan@bakerlaw.co.nz. Hulle is
ook self deur die hele pynlike immigrasieproses en weet presies waardeur
jy moet gaan.
(LW - Ek is op geen manier verbind aan Baker Law nie en kry ook geen
betaling of gunste van enige aard om hulle te adverteer nie, ek beveel
hulle aan suiwer net op die positiewe terugvoer wat ek van ander
immigrante ontvang het oor hulle goeie diens. As jy swak diens van hulle
kry wil ek beslis ook daarvan hoor!)
WAT VRA IMMIGRASIEAGENTE GEMIDDELD VIR HULLE WERK?
Gaan kyk na hulle fooie op die blad van die Immigration Advisers
Authority (IAA) by hierdie skakel:
http://www.iaa.govt.nz/migrants/fees.html

|
 |
|
"Tupperware" Seminare
Ten spyte van die feit dat Immigrasieagente nou geregistreer moet wees
verseker dit nie goeie en flinke diens nie, dit verseker maar net dat jy
iewers kan gaan kla oor hulle!! Sommige immigrasieagente is nog net so
treurig soos voor registrasie en nou is hulle net treurig MET 'n
lisensie.
Alle immigrasieagente/agentskappe is BESLIS nie gelyk
nie!! Vra rond en doen navorsing oor 'n agent/agentskap wat jy wil
gebruik VOORDAT jy enigiets teken.
In elk geval wat ek wou sê is dat Immigrasieagente uit NZ
Immigrasie "Seminare" hou in SA soos "Tupperware Parties" en dat
beloftes van werk en werkspermitte en Permanente verblyfreg links en
regs uitgedeel word om net die mense se hand op papier te kry en die
deposito in hulle sak. Die grootste klomp stront word aan voornemende
(desperate?) immigrante verkoop net om geld uit hulle te kry en die
mense kom dan op grond van die beloftes in NZ aan en raak hier gestrand!
As jy dan op die Immigrasieagent se nommer druk om jou te help staan
hulle uit die water uit en haal net hulle skouertjies op.
Jy kan dan oor hom/gaan kla by die
IAA, maar dan is
jy klaar in die AAAAA.
Voordat jy duisende Rande of
Dollars uithaal vir 'n Immigrasieagent betaal 'n paar dollar aan 'n
goeie immigrasieagentskap soos
South African Kiwi Ltd.
,
Baker Law
of
IMMagine
om vir jou 'n eerlike "assesment"
te doen van jou kanse om suksesvol na NZ te immigreer. MOENIE net 'n
kans vat en HOOP dit werk nie!!
Ek ontvang maandeliks dosyne e-mails van SAners wat hier sit en nie werk
kan kry nie nadat hulle die son, maan en sterre belowe was in SA op een
van hierdie "Tupperware Seminare". Wat vir my die "cherry" op die koek
sit van sommige van hierdie konsultante/agente se verwaantheid is dat jy
vir sommige van hierdie "Tupperware Seminare" 'n fooi moet betaal om dit
by te woon!!
Voordat jy ENIGIETS teken of ENIGE geld oorbetaal doen NAVRAAG of
navorsing oor die maatskappy en maak seker dis nie een van die
"Tupperware" manne nie.
Onthou, daar is geen voorgeskrewe fooie nie en die agent kan vra wat hy
wil en as jy ingestem het vir die fooie sal jy betaal. Geen twee
aansoeke is ook dieselfde nie en geen twee aansoeke sal dieselfde moeite
en werk verg nie. As jy van jou kant af die dokumente verskaf soos gevra
en aansoeke BEHOORLIK invul (en op tyd) sal jy die koste tot die minimum
beperk. Moenie self bydra tot jou grief teen die immigrasieagent nie.
LAASTENS: Jy KAN self jou aansoek hanteer, jy HOEF nie van 'n agent
gebruik te maak nie en ONTHOU ook dat GEEN immigrasieagent op hierdie
aarde jou kan waarborg dat jou aansoek suksesvol gaan wees nie. Hy kan
met 'n groot mate van sekerheid sê jou aansoek KAN suksesvol wees, maar
hy/sy kan dit NIE waarborg NIE!!
|
|

|
|
VUURWAPENS:
In New Zealand lisensieër hulle die persoon en nie die wapens nie. As jy
jou NZ Vuurwapenlisensie het wys jy net jou lisensie en jy kan die wapen
koop en jy kan enige aantal aanhou. Daar is egter verskeie vuurwapens
wat onwettig is of "restricted" is en wat jy net met spesiale magtiging
en onder spesiale omstadighede mag besit. Handwapens soos pistole en
rewolwers val in daardie kategorie en ek sal enige immigrant aanbeveel
om maar eerder van handwapens te vergeet, want dis 'n nagmerrie om hulle
te mag besit.
|
|
|
|
Om 'n NZ
vuurwapenlisensie te kry moet jy 16jaar of ouer wees en reeds PR
(Permanent Residence) hê. Vir jou vuurwapenlisensie moet by die Polisie
'n toets gaan aflê oor die "Arms Code" en hulle kom ook by jou huis
besoek aflê om seker te maak jy kan die vuurwapens veilig bewaar. Jy
moet ook die name van referente in NZ opgee wie die polisie SAL besoek
om vas te stel of jy 'n geskikte persoon is om 'n vuurwapen te mag hou.
Jy kan die "Arms Code" en volledige besonderhede oor aansoeke en
lisensies op die volgende webblad hieronder kry:
http://www.police.govt.nz/service/firearms/#resources
Invoer van
vuurwapens: Jy mag jou vuurwapens uit SA
invoer na NZ (los maar die handwapens). Om dit maklik te maak sit ek
maar die stappe vir die invoer van vuurwapens puntsgewys:
-
Los jou
vuurwapens eers in SA totdat jy PR in New Zealand het en aansoek kan
doen vir 'n vuurwapenlisensie.
-
Sodra jy jou NZ
Vuurwapenlisensie gekry het doen jy aansoek vir 'n invoerpermit by
die NZ Polisie. Jy moet eers 'n invoerpermit in NZ kry voordat jy 'n
uitvoerpermit in SA kan kry. Onthou daar is wapens wat jy nie mag
invoer na NZ toe nie soos handwapens ,ens. Op die volgende webblad
kan jy volledige inligting kry oor die invoerpermitte en watter tipe
wapens jy nie mag invoer nie:
http://www.police.govt.nz/service/firearms/importing.html .
-
Met jou
NZ invoerpermit in die hand kan jy nou aansoek doen in SA vir 'n
uitvoerpermit vir jou vuurwapens en sodra jy dit gekry het kan jy
jou wapens inbring. Dit klink na 'n vreeslike proses, maar dit is
nie so moeilik nie en baie SAners doen dit.
-
Jy moet
binne 30 dae nadat die vuurwapens NZ binnegekom het die vuurwapens
na die NZ polisie neem vir inspeksie sodat hulle kan seker maak dit
is die regte tipe wapens.
-
As jy die
vuurwapens saam met jou bring as bagasie
MOET jy
ONTHOU om met jou
lugredery te reël om die nodige permitte te kry vir ELKE land
waardeur jy vlieg en doen dit LANK voor die tyd.
-
Los maar
jou ammunisie in SA, want jy kan dit hier ook kry en ammunisie kan
vir jou oneidige kopseer besorg in sekere lande waardeur jy miskien
mag vlieg. Dis net nie die moeite werd nie. Kom koop maar weer hier
vir jou patrone.
|
 |
|
VELLE, TROFEË
,HOUTSNEEWERK, ENS
Jy kan jou
diervelle, dierkoppe, trofeë, afrika-tromme, houtsneewerk, ens.
saambring, maar al hierdie goed word deur NZ gesien as 'n "Bio-hazard"
en daar is streng reëls oor die invoer van diereprodukte. Ivoor en enige
dier of produkte wat op die CITES-lys van bedreigde spesies is mag nie
ingebring word nie.
Velle en
dierlike produkte moet behoorlik berook (fumigate) word en elke artikel
moet 'n voorgeskrewe berokingssertifikaat (fumigation Certificate) hê.
Jy
kan volledige inligting kry oor die invoer van die bogemelde
artikels op die NZ Departement van Landbou en Bosbou se webwerf
by die volgende skakels:
|
|

|
 |
|
|
|
TROETELDIERE
|
|
Ek ken verskeie
mense wie hulle honde en katte na NZ gebring het, maar ek
weet regtig nie of dit die moeite werd is nie en dis 'n omslagtige
proses wat DUUR is en 'n lang tyd vat. Ek verstaan dat die totale koste
per hond/kat maklik in die duisende Rande kan beloop, tot soveel as R35
000 tot R40 000 per dier is nie ongewoon nie.
|
|
Vir my is
daar net nie 'n kat of hond in die hele wêreld wat R35 000 werd is nie,
jy kan eerder daai geld op jou gesin se hervestiging spandeer, maar
nouja ek is nie die "diertjie" soort van ou nie en party mense sal mos
eerder hulle arms by hulle elmboë afknaag as om hulle "dierekinders" in
SA agter te laat.
Jy kan al die
antwoorde op jou vrae oor die invoer van troeteldiere op die
volgende webwerwe kry:
http://www.emigratenz.org/moving-pets-to-new-zealand.html
http://www.biosecurity.govt.nz/enter/personal/pets
UITVOERDERS VAN DIERE:
Die volgende
besighede in SA hanteer die uitvoer van diere na New Zealand en sal jou
van al die inligting kan voorsien wat jy nodig het om jou troeteldiere
na NZ te bring, skakel hulle gerus.
Kookaburra
Kennels en
Keringa International
|
|
|
 |
|
|
|
GRASSNYERS,
TUIGEREEDSKAP en KAMPTOERUSTING
|
|
Jy kan al jou tuingereedskap, grassnyers en kampeertoerusting saambring
en jy hoef dit nie in SA te los nie. Maak doodseker dat alle
tuingereedskap skoon gewas is en nie 'n korreltjie sand of modder of
sade of plantmateriaal van enige aard op het nie.
Kampeertoerusting, stewels en waterstewels (gum boots) moet eweneens
silwer skoon wees sonder enige sand, modder, sade, hare, bloed, ens.
Daar moet NIKS, NIKS op of in wees nie, selfs nie eens 'n grassaad nie.
Dieselfde webblaaie
wat handel oor hout en velle handel ook met tuingereedskap en
kampeertoerusting. Kyk hierbo by
VELLE, TROFEË
,HOUTSNEEWERK, ENS
Maak dit net skoon en verklaar dit, dan kan jy dit saam bring.
|
 |
|
GAAN KYK OOK NA DIE FAQ-BLAD
|
| |
 |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |
| |