|
Hier volg 'n paar algemene vrae wat ons elke dag kry
en die antwoorde
daarop.
1. Moet ons immigreer?
Om nou sommer reguit te wees, ek voel dis sekerlik een van die k@kste
vrae wat iemand oor immigrasie kan vra en as jy daai vraag vra is jy
BESLIS nog nie reg om te immigreer nie! Bly gerus in SA tot jy geroof,
vermoor (dan is dit te laat), verkrag, vermink, geskiet, gesteek,
verbrand of gekaap word en dan sal dit vir jou BAIE DUIDELIK word dat jy
LAAAAAANKAL moes geimmigreer het! Wil jy wag totdat jou kinders groot is
en GEEN toekoms het nie? Moenie net aan jouself dink nie, dink aan jou
kinders!
ONTHOU ALTYD: In Afrika is die enigste verskil tussen 'n IMMIGRANT en 'n
VLUGTELING net TYD!! Wag net lank genoeg en jy SAL uitvind ....... (vra
gerus die mense uit Zim wie nou in NZ bly!).
2. Kan ons ons ouers saambring na NZ?
JA, jy kan jou ouers saambring na NZ, MAAR onder sekere voorwaardes en
dit is nie gewaarborg dat jou ouers aanvaar gaan word nie. Die
meerderheid van die kinders moet in NZ woon en jou ouers moet redelik
gesond wees en 'n skoon polisieklaring hê en moet deur jou geborg word.
Ongelukkig moet jy reeds 3 jaar PR (permanente verblyfreg) hê voordat jy
jou ouers kan borg, d.w.s jy sal reeds meer as 3 jaar in NZ bly voordat
jou ouers kan oorkom. Daar is ook nog ander voorwaardes en jy kan
volledig daaroor oplees op NZ Immigrasie se webwerf. As jy op NZ
Immigrasie se webwerf land gebruik die "search" funksie boaan die blad
en tik in "parent", jy sal dan die blad kry wat oor ouers handel.
3. My man / vrou is hier op 'n werkspermit, mag ek ook werk?
JA, as jou eggenoot/eggenote of "partner" se werkspermit vir 'n tydperk
van 6 maande of langer uitgereik is kan jy ook aansoek doen vir 'n
werkspermit vir dieselfde tydperk. Gewoonlik word daar dan 'n "oop"
werkspermit aan jou uitgereik. 'n "Oop" werkspermit beteken dat jy vir
enige besigheid kan gaan werk en jy is nie beperk tot een werk of
werkgewer nie.
4. Moet ons nog steeds retoer vliegkaartjies hê as ons op werkspermitte
na NZ kom?
JA, jy word gesien as 'n tydelike besoeker as jy op 'n werkspermit in NZ
is en jy moet 'n retoervliegkaartjie hê. Jy kan vrygestel word van die
verpligting om 'n retoer vliegkaartjie te hê, maar dit moet uitdruklik
in jou werksvisa vermeld word met die woorde “Outward Passage Waived” or
“Funds Waived”.
As jy op 'n "visitors visa" na NZ kom om te kom werk soek MOET jy 'n
retoervliegkaartjie hê. Jy sal nie in SA toegelaat word om op die
vliegtuig na NZ te klim as jy nie 'n retoervliegkaartjie het nie en as
jy dalk daarmee kan wegkom gaan jy verseker probleme hê as jy in NZ
afklim met 'n enkelkaartjie! So, koop maar die retoerkaartjie.
5. Moet ons kinders studentevisas hê voordat hulle kan skool gaan?
JA, as jy op 'n werkspermit in NZ is dan moet jy aansoek doen vir
studentevisas vir jou skoolgaande kinders. Dit is nie 'n groot probleem
nie en word geredelik uitgereik sonder veel moeite.
6. Wat is die "afsny" ouderdom vir immigrasie na NZ?
Onder die "Skilled Migrant Category" is die maksimum ouderdom vir
immigrasie na New Zealand 55 jaar. Die NZ Immigrasie Departement se
presiese bewoordig is: "Keep in mind that you must be aged under 56 to
apply under the skilled migrant category".
7. Waar moet ek aansoek doen vir my werksvisa?
Die beste is natuurlik om reeds in SA aansoek te doen vir jou werksvisa
as jy daarin kan slaag om 'n werksaanbod (Job offer) uit NZ te kry. As
jy 'n werk en 'n werksaanbod kan kry terwyl jy nog in SA is dien jy jou
aansoek in by: New Zealand High Commission, Private Bag X17, Hatfield
0028, PRETORIA.
As jy in NZ is en jy kry 'n werk dan dien jy natuurlik jou aansoek in by
die
naaste kantoor van NZ Immigrasiediens.
8. Kan ons op 'n "Working Holiday Visa" na NZ kom?
Nee, ongelukkig nie. Suid-Afrikaners kan nie aan die "Working Holiday
Scheme" deelneem nie, omdat SA nie so 'n ooreenkoms met NZ het nie.
Kyk hier:
http://www.immigration.govt.nz/migrant/stream/work/workingholiday/
9. Wat is die algemene salarisse in NZ??
Jy kan 'n goeie aanduiding van salarisse op hierdie webwerwe kry:
http://www.emigratenz.org/Work.html
http://www2.careers.govt.nz/who_earns_what.html
10. Kan ons volwasse kinders op ons aansoek om PR insluit word?
JA, kinders tot 24 jaar oud kan op jou PR aansoek ingesluit word ,mits
hulle ongetroud is en: "Totally or substantially reliant on the
principal applicant and/or the principal applicant's spouse or partner
for financial support, whether living with them or not".
Jy sal moet kan bewys dat die volwasse kinders onder 24jaar geheel van
jou afhanklik is en nie self 'n inkomste verdien nie. Skool en/of
Universiteitsrekords, kwitansies, onderhoudstjeks, ens. kan as bewys
dien.
Bron: Kyk op
HIERDIE BLAD (1) en op
HIERDIE BLAD (2)
11. Ons matrieksertifikate en ook ander oorspronklike sertifikate is in
Afrikaans wat kan ons doen?
As die sertifikate in Engels benodig word vir julle PR aansoek, laat dit
vertaal deur die NZ "Department of Internal Affairs Translation
Service". Dit gaan 'n hele paar dollar kos, maar dit is baie makliker as
om Engelse sertifikate uit SA aan te vra!! Weet ons dit nie??
As jy Afrikaanse ambagsertifikate of grade en diplomas na Engels wil
laat vertaal vir 'n NZQA-evaluasie kan jy gebruik maak van die
onderstaande persoon. Sy is 'n NZQA-geakrediteerde vertaler.
Caroline du Toit
3/9 Sudan Ave
Milford
Auckland
Phone: 09 410 4526
Fax: 09 410 4528
Mobile: 0275 479 630
Email: cdtcreative@xtra.co.nz
12. Hoe lank tyd het ons om na NZ te immigreer nadat ons PR goedgekeur
is?
Nadat NZ Immigrasie jou in kennis gestel het dat jou PR (Permanent
Residency) goedgekeur is het jy 6 maande om hulle te betaal en die
PR-Visa in jou paspoort te laat plak.
Nadat die PR-visa in jou paspoort geplak is het jy 12 maande om die
PR-visa te "aktiveer" deur na NZ te kom. Die oomblik dat jy in NZ
aanland en jou paspoort word op die lughawe gestempel verander jou
PR-VISA na 'n PR-PERMIT toe.
Na jy jou PR-Permit gekry het in NZ is daar niks wat jou keer om die
volgende dag weer terug te keer na SA nie. Dan het jy 2 jaar tyd voordat
jy weer moet terugkeer na NZ.
So teoreties het jy 3 jaar en 6 maande om na NZ te IMMIGREER sodra jy in
kennis gestel is dat jou PR goedgekeur is - jy sal egter binne 12 maande
moet land in NZ om die PR-visa te "aktiveer" en na 'n PR-permit te
verander. In die praktyk sal jy dit moeilik vind om die tyd presies op 3
jaar en 6 maande te laat uitwerk, want jy sal nooit die datums so kan
inpas dat jy presies 3 jaar en 6 maande het nie.
Saam met die PR-visa kry jy ook 'n RRV - Returning Residents Visa - wat
(gewoonlik) vir 2 jaar geldig is van die oomblik dat jy jou PR
goedgekeur is en die RRV magtig jou om NZ te verlaat en weer terug te
keer sonder om weer aansoek te doen vir PR. Op die RRV is 'n "expiry
date" ,maak seker jy kom terug VOORDAT die RRV verval, anders moet jy
weer heel van vooraf aansoek doen vir PR.
LET WEL: Die Returning Residents Visa wat saam met jou PR-visa uitgereik
word is NET vir 2 jaar geldig en dan moet jy weer vir een aansoek doen.
As jy vir meer as 6 maande van elke jaar van die voorafgaande 2 jaar in
NZ gebly het dan kry jy 'n "Indefinate Returning Residents Visa" wat
nooit verval nie. ONTHOU egter as jy 3 jaar en 6 maande vat om hier aan
te meld sal jy effektief vir 2 jaar in NZ moet bly sonder om die land te
verlaat.
|