|
WAARSKUWING:
Maak nou nie saak van watter kant af jy hierdie webwerf benader nie,
wees verseker op een of ander stadium gaan van my menings of taalgebruik
jou afpis, so wees sterk, wees groot, eet jou groente, maak vas jou
veiligheidsgorde en drink jou Grand Pal! As jy een van daai mense is wat na 'n dosis realiteit
of sterk woorde berading moet ontvang, pille moet drink of deur jou
meerderwaardigheid oorval word MOENIE hierdie webwerf binnegaan NIE,
want jy gaan skoon onderklere nodig hê kort voor lank! New Zealand is 'n
fantastiese land en seker so na aan 'n paradys as wat jy op aarde kan
kom. Ek sal enige persoon aanraai om NZ as 'n immigrasiebestemming te
oorweeg, MAAR maak net 'n goed ingeligte besluit, want dit help niks jy
kom sit hier in die paradys en krepeer van ellende nie. Op hierdie
webwerf kyk ek realisties, krities en met baie humor na lewe in NZ,
Immigrasie na New Zeand en Werk in New Zealand. Gun
my my mening en vryheid van spraak soos ek jou jou anonimiteit gun.
Omdat ek nie alles wat die Kiwi's, Kiwiland en SA immigrante aan my
opdis vir soetkoek opvreet nie, beteken nie ek het nie gelukkig aangepas
nie! Welkom by my webwerf en kom ons kuier LEKKER!!
|